“Few will have the greatness to bend history itself, but each of us can work to change a small portion of events. It is from numberless diverse acts of courage and belief that human history is shaped. Each time a man stands up for an ideal, or acts to improve the lot of others, or strikes out against injustice, he sends forth a tiny ripple of hope, and crossing each other from a million different centers of energy and daring those ripples build a current which can sweep down the mightiest walls of oppression and resistance.”
― Robert F. Kennedy

Sunday 28 October 2012

Oor Hobbelperde en Hoop

Ek is mal oor hobbelperde, hulle gee 'n oudtydse gevoel aan enige kamer, veral as hulle van 'n goeie hout gemaak is. As ek op ene klim voel ek sommer gou-gou weer soos 'n kind, nie dat ek te lank terug een was nie, en is sommige aspekte is ek nog steeds een.

Die probleem is dat kinders nie kan wag om grootmense te word nie, en dan sodra ons die grootmens verantwoordelikhede kry, dan wens ons weerons kan net op hobbelperde klim en ons grootste probleem sal wees om nie af te val nie (as jy so ver dink)! Ons is dus nooit ten volle teenwoordig in die fase van ons lewens waar ons onsself bevind nie.

Ek het nie te lank gelede afgestudeer nie, en het daarna begin werk, kort daarna my eerste werk verloor, my tassie gepak en gaan toer. Met my toer beplanning was een van my grootste probleme watter griekse eiland lyk na die lekkerste een... Kaarte was my leesstof, en plakkies my hoogste skoene en die wereld was lekker. Daarna het ek met 'n bondel entoesiasme en hope energie begin werk soek. My moed was keer op keer gebreek en 9maande later was ek eers suksesvol (so lank soos ' n swangerskap!!! Dis bitter laaank).

Hierdie is nou weer 'n heel ander fase van my lewe, met hakke en pakke, sykouse en spertye. Daar is baie om te leer, mense om te ontmoet en die stad bied baie feeste en spyskaarte vir elke geleentheid.

En alhoewel dit nie 100% ek is nie, leer ek baie en hou ek steeds bietjie van die meisie met die blom in haar hare wat kaalvoet op die strand rondloop. Ons word so gou groot en vergeet soms om ons beplanning op sy te skuif en net die oomblik te geniet.


“You must live in the present, launch yourself on every wave, find your eternity in each moment”
-Henry David Thoreau

Liza





No comments:

Post a Comment